Nories se gr 1’s sprei hul vlerkies
Om graadeentjie-paddabeentjies op hul eerste skooldag so tuis as moontlik te laat voel is nie altyd so maklik soos val uit ‘n boom nie, maar by Noordskool is die nuwe graad 1's van 2025 veilig in hul nesse.
Dit is soms moeilik vir ‘n ouer om toe te kyk hoe hul kind groot mylpale aandurf. In Laerskool Krugersdorp-Noord se geval, en op 14 Januarie, het moeder en vader ‘arende’ hul ‘kuikens’ uit die nes gestoot sodat hulle by die skool kan leer vlieg.

Die graad 1’s van 2025 is nou amptelik arendskuikens en die Krugersdorp News het die skool besoek om een van die grootste oomblikke in beide ‘n ouer en kind se lewe vas te vang.

Interessant genoeg was daar ‘n merkwaardige hoogtepunt, skoolhoof Charles Miller het sy eie kleinkind Ava by die skool verwelkom. Ouma Anita, ma Jeanitta en pa Charles (junior) was ook by.

Lees gerus die News se 24 Januarie uitgawe vir ‘n meer in-diepte artikel.

Ouers is welkom om nog foto’s van hul graad 1’s se eerste skooldag na [email protected] of [email protected] te stuur.



