Nories laat rekords spat by interhuis
'n Totaal van 20 interhuisrekords is by Hoërskool Noordheuwel verbeter – een van hulle staan al sedert 1988.
Hoërskool Noordheuwel se hoofpawiljoen was stampvol met leerders wat hul harte uit gesing en skreeu het om of gees te vang of hul onderskeie spanne se atlete te ondersteun tydens hul interhuis-atletiekbyeenkoms gehou op 20 Januarie.
Nories se Adjunkhoof van Sport, WP Laidlaw, het gesê hul jaarlikse interhuis is ‘n spesiale geleentheid wat gebruik word om die toon van die jaar se gees en samewerking vas te lê.

“Ons is baie trots en opgewonde oor die ongelooflike samewerking wat ons van al ons leerders gesien het asook die ongelooflike gees wat die leerders op die dag gewys het – op en van die atletiekbaan af,” het hy bygevoeg.
Hy het verder verduidelik dat daar ongeveer 800 atlete deelgeneem het aan verskeie items.

“Leerders het die son trotseer en bankvas agter hul onderskeie huis-spanne gestaan naamlik Germane, Romeine en Spartane, as motivering.”

Boonop was 20 interhuis-rekords verbeter, naamlik:
Germane-span:
• Chane Fourie het die rekord in die 400m vir dogters o15 verbeter na 0:59.38 sekondes. Die rekord was 1:00.44.
• Jaydon Fairlie het die rekord in die 100m vir seuns o15 verbeter na 10.88 sekondes. Dit was 10.94. Verder het hy ook die rekord in die 200m verbeter na 21.65 sekondes. Dit was 23.09 sekondes. Hy het dan ook die rekord verbeter in die 400m-item na 0:50.00 sekondes. Dit was 0:53.03
• Keegan Coetzee het die rekord verbeter in die 1 500m vir seuns o16 na 04:22.14. Dit was 04:23.60.
• Suné Coetzee het dan die rekord in spiesgooi vir dogters o14 verbeter na 39.18m. Dit was 35.04m.

Romeine-span:
• Hanri Pretorius het die rekord in die 800m vir dogters o19 verbeter na 2:16.59. Dit was 2:16.60. Sy het ook die rekord verbeter in die 1 500m na 05:03.12. Dit was 05:04.50 en is merkwaardig want die rekord staan al sedert 1988.
• Mile Olivier het die rekord in die 90m-hekkies vir dogters o14 verbeter na 13.25 sekondes. Dit was 13.78. Sy het ook die hoogspring-rekord van 1.54m verbeter na 1.55m.
• Caylen Jenkins het die rekord in die 100m-hekkies vir dogters o17 verbeter na 14.13 sekondes. Dit was 14.21.
• Reinhardt Kininghton het dan die rekord in diskus vir seuns o14 verbeter na 41.81m. Dit was 39.83m.

Spartane-span:
• Hannah Hope Vermaak het die rekord in die 100m vir dogters o19 verbeter na 11.63 sekondes. Dit was 12.05. Sy het ook die 200m-rekord van 25.10 sekondes laat spat en verbeter na 24.34 sekondes.
• Devin Wagenaar het die rekord in hoogspring-item vir seuns o14 verbeter na 1.75m. Dit was 1.71m.
• JT Strydom het die rekord in verspring vir seuns o15 verbeter na 6.32m. Dit was 6.26m.
• Laaste het Jessica van Aswegen die rekord in spiesgooi vir dogters o16 verbeter na 44.00m. Dit was 35.22m.
