Schools

Monnas-atlete slaggereed vir seisoen

Meer as 950 leerders was in aksie tydens Hoërskool Monument se interhuis vanjaar. Daar was selfs 'n 'Geesbeker' op die spel wat die Buffels ingepalm het.

Hoërskool Monument se jaarlikse interhuis is ‘n hoogtepunt op die kalender en vanjaar s’n is geen uitsondering nie.

Monnas se Sport en Atletiekhoof, Trompie van der Berg, het verduidelik dat leerders in spanne opgedeel was naamlik die Buffels, Koedoes en Kwaggas.

Duané Ludeke, Jaden Jooste en Wilmic Wasselman.

“Meer as 950 leerders het deelgeneem en die gees was ongelooflik. Die ‘nie-atlete’ het dan in groot nommers hul onderskeie spanne ondersteun en reg tot die einde gebly. Na die aankondiging van die wenspan het die skool saamgekom as een trotse Monnas-familie,” het hy verduidelik.

Hy het bygevoeg dat almal se betrokkenheid belangrik en merkwaardig is.

“Dit was lekker om te sien hoe byvoorbeeld meer as 50 senior rugby seuns die 1 500m-item aangepak het. Selfs die netbaldogters, dansleerders, hokkie- asook krieketspelers het hul staal gewys op die atletiekbaan en -veld,” het hy vertel.

Sharne Bredenkamp en Hugo Beekman koel ‘n bietjie af.

Wat uitslae aanbetref, is die wenners as volg:

• Die Buffels het met die gesogde ‘Geesbeker’ weggestap

• Interhuis-wenspanne:
Eerste – Buffels
Tweede – Kwaggas
Derde – Koedoes

• Beste junior baanatleet vir dogters:
Morgan Briggs – 300m

• Beste junior baanatleet vir seuns:
Eli Gilbert – 400m

• Beste senior baanatleet vir dogters:
Keira-Lee Opperman – 400m

• Beste senior baanatleet vir seuns:
Hayden Padilla – 110m

• Beste junior veldatleet vir dogters:
Annabelle Blignaut – gewigstoot

• Beste junior veldatleet vir seuns:
Dianco Booyens – diskus

• Beste senior veldatleet vir dogters:
Dunay Vermeulen – gewigstoot

• Beste senior veldatleet vir seuns:
Hanco van Geelen – gewigstoot

• Junior Victrix Lodorum – Annabelle Blignaut

• Junior Victor Lodorum – Eli Gilbert

• Senior Victrix Lodorum – Keira-Lee Opperman

• Senior Victor Lodorum – Deacon Rossouw

“Al ons provinsiale en nasionale atlete het goed presteer. Dan het ons nuwe graad 8s ook hul talente gewys. Ons sien uit na ‘n baie suksesvolle atletiekjaar vir Monnas,” het Trompie met trots afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button