Schools
Kennies is finansieel geletterd
Kennies wen finansiële geletterdheid kompetisie en spog met die hoogste algehele gemiddeld.
Om finansieel geletterd te wees is ‘n belangrike vaardigheid om te hê en ‘n klas van Laerskool Kenmare het juis onlangs ‘n tweede plek behaal tydens ‘n finansiële geletterheid kompetisie.
Kennies se bemarkingshoof, Mignon Bason, het vertel dat skole regoor die land deelgeneem het aan die kompetisie waar hul leerders en onderwysers se harde werk goeie resultate behaal het.
“Ons het ook die hoogste algehele gemiddeld behaal met 90% asook ‘n R5 000 beloning,” het Mignon gespog.
Sy het ook al die Kennies-leerders se entoesiasme en toewyding geprys.
“2025 gaan ‘n briljante jaar wees,” het sy afgesluit.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
