Schools

Wesrandse Skool vra hulp vir rolstoel-projek

Wesrandse Skool is op 'n missie om nuwe rolstoele vir hul leerders te maak, en jy kan help.

Rolstoele is duur, veral vir persone met gestremdhede omdat hulle aangepas moet word.

Minette Maritz, ‘n onderwyser by die Wesrandse Skool, het pas onlangs ‘n projek van stapel gestuur om nuwe rolstoele te laat maak vir leerders soos Palesa Moloko wat hierby kan baat.

“Ons het ’n tegnikus gekry wat haar [Palesa se] ou rolstoel gratis kom diens het, want ’n nuwe een kos sowat R45 000. Ons het toe begin geld insamel met die Plakkies for Palea-projek en plakkies verkoop waar wins na die saak gaan,” het Minette gesê.

“Ons het uiteindelik genoeg geld ingesamel en Palesa verras met ’n splinternuwe rolstoel,” vertel sy opgewonde.
Minette sê hulle wou nie by haar stop nie aangesien daar ander leerders is wat ook rolstoele benodig.

Hulle het reeds R25 000 ingesamel uit die R90 000 wat hulle nodig het om nog twee rolstoele te maak.

“Ons wil baie graag die gemeenskap betrokke kry om leerders by te staan om nuwe wiele te kry en die projek te laat groei deur skenkings te vra of, om meer plakkieverkope te kry,” het Minette gesê.

Sy vra vir enige donasies asook iemand wat gewillig is om ‘n webwerf te maak om waar die plakkies verkoop kan word.

• Navrae: Kontak die skool by 011 668 8200 of Minette by 084 517 9540 indien jy kan help.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button