Schools

Kennies staan op teen boeliery

Laerskool Kenmare bied een van hul eerste anti-boelie veldogte aan om bewusmaking te skep.

Die Gautengse departement van onderwys het dit onlangs duidelik gemaak dat afknouery nie in skole geduld sal word nie.

Dit kan nie net lewenslange gevolge hê nie, maar dit kan selfs ‘n kwessie van lewe of dood vir jong slagoffers wees.

Laerskool Kenmare het onlangs hul deel gedoen om teen afknouery op te staan deur hul eerste veldtog teen afknouery aan te bied.

Agter is Dunay Heyman, Abbigale Muller, Frank du Toit, Kian Annadale, Dreyden Greeff, Alyssa Smit en Marozé Strydom met Mila du Plessis en Mieke Viljoen voor.

“Ons noem dit die Pienk T-hempdag, waar leerders wit en pienk T-hemde gedra het wat ons die gevoel van kalmte gee. Die doel is dat ons leerders bewus maak dat boelies wel gebeur maar dat ons met wedersydse respek vir mekaar ‘n stokkie daarvoor kan steek,” het Kennies se departementshoof van Onderwysvoorligting, Laurentius Conradie, verduidelik.

Hy het bygevoeg dat hulle nou van plan is om een keer per kwartaal ’n anti-boelie-veldtog te hou.

Hennie Hiscock en John-Lee Scholtz is anti-boelie vriende.

“Dit sal elke keer iets anders wees wat leerders die vaardighede gee om onvanpaste gedrag aan te spreek. Kennies doen alles in hul vermoë om enige leerder hier welkom te laat voel. Dat die leerders weet jy hoef nooit alleen te voel of bang te wees om met iemand oor ‘n probleem te praat nie. Ons wil graag hê dat leerders moet weet dat almal uniek is en daarom kan ons mekaar in liefde respekteer en ondersteun waar nodig,” het hy afgesluit.

Logan Harding is eerder ‘n vriend as ‘n boelie.

Die lid van die Uitvoerende Raad vir Onderwys in Gauteng, Matome Chiloane, het vroeër vandeesmaand hul standpunt herhaal dat geen vorm van afknouery toegelaat of geduld sal word nie.

“Boelies het geen plek in ons skole nie. Ons ontmoedig enige vorm van afknouery binne ons leeromgewings ten sterkste en doen ‘n beroep op alle leerders om sulke voorvalle by die skoolbestuur aan te meld sodat nodige aksie stiptelik geneem kan word. Skole moet veilige ruimtes wees waar leerders te alle tye beskerm en ondersteun voel,” het Chiloane gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button