Schools

Nories-dogters presteer op krieketveld

Nories se eerste dogterskrieketspan spog met hul sukses.

Hoërskool Noordheuwel se eerste dogterskrieketspan floreer hierdie seisoen en spog met talle oorwinnings teen van die land se topkrieketskole.

Volgens die hoof van krieket by die skool, Etienne Janse van Rensburg, het hul eerste dogterskrieketspan onlangs in die Oos-Kaap gaan toer en dit as suksesvol beskou.

“Ons het gewen teen beide Woodridge College asook ’n Woodridge Uitnodigingspan en Hoërskool Pearson.

Ons is besonder trots op Magdaleen Ernst wat twee honderdtalle gemoker het,” het hy trots gesê.

By die huis was hul ook aan die wenkant teen Steyn City School waar Magdaleen weereens uitgestaan het met die kolf in die hand en 69 geslaan het.

“Hierdie is ‘n uitstekende prestasie. Steyn City School is veral bekend vir hul krieket en een van die beste in Gauteng.”

Magdaleen Ernst.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button