Schools

Monnas-dansers kort dorp se ondersteuning

Kom ondersteun die dansstudieleerders van Monnas se fondsinsamelingsgeleentheid by Silverstar.

Monnas se dansstudieleerders bied op 18 Maart ‘n fondsinsameling aan om hul jaarlikse dansproduksie te finansier.

• Lees ook: Monnas-dansleerders beïndruk in Roodepoort

Volgens dansonderwyseres Tania Jansen van Vuuren sal hierdie fondsinsameling tussen 17:00 en 21:00 by Silverstar se Spur plaasvind.

Die danseleerders sal kelnerinne vir die aand wees en ‘n persentasie van die verkope sal vir die fondsinsameling gaan,” het Tania gesê.

Die Krugersdorp News het die produksie in 2024 bygewoon waar die leerders dit heeltemal op hul eie gereël en georganiseer het, insluitend die finansiering van die teater en kostuums.

Tania het tot die gevolgtrekking gekom dat hierdie fondsinsameling juis plaasvind om al hierdie tipe kostes te dek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button