Schools

Hiep hiep hoera vir Noordskool se Arri

Noordskool se motiveerder Arri die Arend het letterlik ingevlieg skool toe om sy verjaarsdag te vier.

Amper elke skool het sy eie gelukbringer – of soos Laerskool Krugersdorp-Noord dit noem, hul motiveerder – Arri, wat onlangs sy 12de verjaarsdag gevier het.

• Lees ook: Noordskool se Arri vier sy 11de verjaarsdag

Noordskool se woordvoerder, Quintin Botha, sê hulle het hierdie spesiale dag op 7 Maart gevier met ‘n gepaste tema: Vlieg hoog.

“Arri is betrokke by al ons geleenthede. Ons leerders is baie lief vir hom en sien elke keer uit na sy kuiers by die skool,” het hy vertel.

Mikayla Steyn en Janita Jacobs vier Arri se verjaarsdag.
Jaco Venter, Andrew Janse van Rensburg en Duncan Barnard dra maskers om Arri se verjaarsdag te vier.

Quintin voeg by dat dit vanjaar besonder spesiaal was om Arri se verjaarsdag te vier. Entoesiastiese leier-ouers het saam met die leiervoogde al die reëlings behartig.

Die oomblik toe Arri by die skool opdaag, was beslis ‘n hoogtepunt. Nes ‘n arend het hy ingevlieg met ‘n helikopter, terwyl die leerders uit volle bors geskree en gejuig het om hom te sien,” het Quintin gesê.

“Dit was ‘n dag van prettige maskers dra, lekker dans en heerlike verjaarsdagkoek eet. Ons as Nories waardeer opreg al die mense wat moeite gedoen het om die dag so spesiaal te maak,” het Quintin afgesluit.

Schalk Grobelaar en Avrick Bruinders vier Arri se verjaarsdag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button