Schools

Norie-onnie spog met sy 22cm snor

Al ooit gewonder watter onnie die langste snor het, Nories se Ramon is beslis 'n aanspraakmaker.

‘n Snor. Op ‘n stadium in die mensdom se geskiedenis was dit iets op byna elke man se gesig maar deesdae nie meer nie… of is daar nog snorliefhebbers daar buite?

Ramon Purchase, ‘n Lewensoriëntering en Sosiale Weternskap onderwyser by Hoërskool Noordheuwel dra en groei sy snor met trots waar dit al amper ‘n liniaal-lengte is – ‘n indrukwekkende 22cm lank.

Ramon het op die Noord-Wes Universiteit geswot waar hy toe by Hoërskool Schoonspruit gaan werk het. Na dit het hy sy horison verbreed en oorsee gaan skoolgee in lande insluitend Sjina, die Verenigde State van Amerika (VSA) en Kanada, waar hy uiteindelik terug getrek het na sy moederland en by Hoërskool Florida gewerk het vir ‘n ruk. Op die ou einde het hy by Nories aangesluit.

Maar terug na die onderwerp – sy snor.

Hy vertel hy snoei dit darem van tyd tot tyd en dat daar nie eintlik ‘n rede is om sulke lang snor te hê nie.

“Van na skool af het ek nog altyd ‘n snor maar nou dat ek die skool se tweede rugbyspan (die Buffels) afrig voel ek dit is gepas om dan die buffel trots voort te sit.

Buffel-horings kan nou nie klein wees nie, kan dit?” het hy gevra.

“Dit kielie glad nie as ek snorsalf opsit nie maar dit is nogal in die pad as mens iets probeer drink of eet,” het hy gebieg.

“Ek wou nog altyd ‘n dik snor hê soos ‘n regiment-sersant-majoor in die weermag. Nou is hy daar so dit sal vreemd wees die dag as ek sonder my snor by die skool opdaag,” het hy afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button