Groot opgewondenheid by Nories oor Die Windroos
Nories se redaksiespan is vreeslik trots op hul eie skoolkoerant, Die Windroos, wat in die week vrygestel en versprei is onder leerders.
Hoërskool Noordheuwel glo dat drukmedia nog nie dood en begrawe is nie.
Dit is duidelik nadat Nories ‘n totaal van 2 000 kopieë van hul eie skoolkoerant, Die Windroos, laat druk en versprei het.

Nories se koeranthoof, Nicole Tolman, het opgewonde gesê dat 20 Maart hul eerste amptelike uitgawe van Die Windroos vir 2025 was.
“Die Windroos was oorspronklik in tydskrif-formaat maar onder die leiding van Caxton Local Media, het ons dit nou ons eerste amptelike koerant vir 2025 gemaak,” het sy verduidelik.
Sy vertel verder dat Nories hul eie redaksiespan het genoem Die Roosies, wat eenmal ‘n kwartaal bymekaarkom om te besluit wat veral jong lesers se aandag sal prikkel. Die Roosies bestaan uit ‘n span van 12 leerders, insluitend die redakteur, William Knighton asook die subredakteur, Nedine Nel.

“Dit bestaan uit ‘n mengelmoes van nuus onder andere akedemie, sosiaal, sport, kultuur en vermaak. Ons gaan die koerant eenmal ‘n kwartaal versprei,” het sy bygevoeg.
Die skool is ouer as 40 jaar en dus het ons besluit om Die Windroos te gebruik om tradisie te bou.
“Dit is ‘n wonderlike manier om die skool se geskiedenis te presiveer waar dit ook ‘n briljante bemarkingsproduk is,” het sy verduidelik.
Nicole het afgesluit deur te sê Nories is vreeslik bevoorreg vir die geleentheid saam met Caxton Local Media wat hul redaksiespan onder hul vlerk neem.
