Schools
Wêreldboekedag: Noordskool vier met interessante karakters
Noordskool-leerders het Wêreldboekedag gevier deur aan te trek soos hul gunsteling boekkarakters.
Van die klassieke ‘Jan en die Boontjierank’ tot die meer moderne ‘Monster Rugby’, Laerskool Krugersdorp-Noord se leerders het Wêreldboekedag gevier deur as hul gunsteling boekkarakters aan te trek.
Noordskool-woordvoerder, Quintin Botha het gesê die dag word op 23 April gevier.

“Die leerders het omtrent uitgehaal om hul gunsteling boekkarakters te wys.
Dit is ‘n lekker manier om kinders aktief bewus te maak van boeke en lees,” het hy verduidelik.
“’n Boek is so wonderlike manier om in jou verbeelding te kan leef. Die leerders het dit baie geniet,” het Quintin afgesluit.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
