Schools

Monnas bring Broadway-flair met The Greatest Monnas Show

Hoërskool Monument se revue betower met sang, dans en drama in indrukwekkende weergawe van The Greatest Monnas Show.

Hoërskool Monument se leerders het onlangs hul eie weergawe van The Greatest Showman tot lewe gebring – ’n produksie wat die gehoor verstom het.

Koördineerders Landi Herbst en Tania Jansen van Vuuren beskryf dit as meer as net ’n revue – eerder ’n skouspelagtige produksie van formaat.

“In plaas van The Greatest Showman, noem ons dit The Greatest Monnas Show. Dit was ’n musiekblyspel waaraan graad 8- tot 12-leerders, sowel as die dansdepartement, deelgeneem het,” het Landi verduidelik.

Kaylee van Rooyen in die produksie.

Tania het bygevoeg dat die revue elke tweede jaar plaasvind, en dat dit reeds die sewende keer is dat hulle dit aanbied – ’n poging om Monnas se kultuur verder uit te bou.

Dié produksie is van 23 tot 27 Junie aangebied, met die gala-aand op Vrydag wat, volgens Landi, die hoogtepunt was.

“Teen daardie tyd was die leerders goed ingeoefen.

Kevin Kannemeyer dans.

“Daar was baie hoogtepunte, maar ek kan nie net een uitlig nie. Wat dié produksie besonders gemaak het, is dat die leerders nie net die verhoog gebruik het nie, maar die hele saal,” het sy gesê.

Landi het ook genoem dat dit die hoofkarakter, Aiden van der Berg, se eerste keer was op ’n verhoog in ’n toneelstuk.

Mareli King saam Aiden van der Berg op die verhoog.

“Ons is baie trots op die leerders se toewyding – een het selfs die helfte van sy hare afgeskeer vir sy rol.”

Sharne Bredenkamp gedurende die produksie.

Die onderwysers het ook saamgespeel en volgens die tema aangetrek – soos regte sirkus-fratse.

Aiden van der Berg en Ruben Jacobs op die verhoog.

Tania het afgesluit met hul kernvers vir die produksie, Psalm 150 vers 6: “… laat alles wat asemhaal, die Here prys.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button