Schools

Protearif pronk met D2-hokkietrots

Met selfdissipline en harde werk het vyf jong Protearif-leerders en twee toegewyde onderwysers hul plek in die onderskeie D2-spanne losgeslaan.

Laerskool Protearif borrel oor van trots nadat vyf leerders en twee onderwysers die onderskeie D2-hokkiespanne verteenwoordig het.

Volgens onderwyseres Marlizette Jordaan het Ella Dempers, Eldoné Bosch, Malan van Zyl, Tristan Bothma en Pierre le Clus (almal o.12) die skool se naam met trots gedra.

Onderwysers Tia Goosen en Brandon Botha was ook betrokke: Goosen as hulpafrigter van die D2 o.13-dogtersspan en Botha as spanbestuurder van die D2 o.12-seunsspan.

Twee trotse onnies Brandon Botha en Tia Goosen. Foto ingestuur.

Groot opgewondenheid het geheers ná die aankondiging, en Marlizette het die prestasie beskryf as ’n toonbeeld van selfdissipline, deursettingsvermoë, harde werk en entoesiasme.

Van 5 tot 9 Julie het die leerders en afrigters onderskeidelik na Potchefstroom en Krugersdorp getoer om hul spanne te verteenwoordig.

“Laerskool Protearif is baie trots op elkeen van hierdie leerders en onderwysers wat Proties se naam hoog hou. Blom altyd daar waar jy geplant is,” het sy afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button