Schools

Twee seuns en onnie van Noordskool brul by Cravenweek

Laerskool Krugersdorp-Noord se rugbyhelde verteenwoordig Goue Leeus by Cravenweek.

Laerskool Krugersdorp-Noord is oorstelp van trots nadat twee o.13-rugbyspelers en ’n onderwyser deel was van die Goue Leeus-span wat tydens die Cravenweek diens gedoen het.

Volgens die skool se woordvoerder, Quintin Botha, was die twee seuns, Zander Oosthuizen en Ruben Kruger, vir die Goue Leeus se o.13C-span in aksie tydens die toernooi wat by Selborne College in Oos-Londen gehou is. Onderwyser Gerhard Myburgh was die spanbestuurder.

Die span het tydens die Cravenweek een oorwinning behaal teen die Limpopo Blou Bulle, maar moes ongelukkig nederlae teen beide die Westelike Provinsie (WP) en Namibië op dag twee en drie van die toernooi verwerk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button