Schools

Tzaneen-toer wys Bastion se jong sterre in aksie

Van honderdtalle tot ses paaltjies. Bastion se krieketsterre wys hul staal in Tzaneen die afgelope skoolvakansie.

Hoërskool Bastion se eerste- en o.15-krieketspanne het tydens die onlangse skoolvakansie na Hoërskool Ben Vorster in Tzaneen getoer.

Bastion se bemarker, Florinda Hearn, het gesê die toer het op ‘n hoë noot afgeskop toe die eerste span teen HTS Witbank te staan gekom het en die wedstryd met twee lopies gewen het. Rudie Harmse het met ’n indrukwekkende boulvertoning ses paaltjies geneem en net 40 lopies afgestaan in nege beurte.

“Die o.15-span het ’n moeilike wedstryd teen Ben Vorster gehad, maar tog goeie veggees gewys,” het sy bygevoeg.

Op die tweede dag het die eerste span teen die taai Hoërskool Nelspruit gespeel. Sy sê dit was ’n naelbytstryd waarin Bastion met vyf lopies oorwin het.

“Die oorwinning is iets besonders teen só ’n groot skool. Jahnco Bekker het behoorlik sy veelsydigheid gewys – eers met die kolf het hy ’n honderdtal van 123 lopies van slegs 90 balle geslaan. Met die bal in die hand was hy ook genadeloos en het drie paaltjies laat kantel terwyl hy net ses lopies afgestaan het.”

Sy vertel dat die res van die toer nie heeltemal volgens plan verloop het nie, maar dit steeds ’n waardevolle leerskool vir beide spanne was.

“Ons sien uit na die seisoen wat voorlê. Hou gerus die spanne fyn dop – daar lê groot dinge voor,” sluit krieketdirekteur Wynand Pretorius af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button