Klein sportspanne, groot gees by Noordskool
Sowat 450 jong sportsterre het hul eerste wedstryde van die seisoen gespeel tydens Laerskool Krugersdorp-Noord se gewilde minidag.
Laerskool Krugersdorp-Noord het onlangs jong hokkie- en krieketsterre verwelkom tydens hul jaarlikse minidag.
Volgens die skool se woordvoerder, Quintin Botha, het sowat 450 spelers aan die dag deelgeneem, met byna ‘n duisend toeskouers wat hul ondersteun het.

“Dit was ’n koue begin vir die kleintjies so vroeg op die verskeie velde, maar dié minidag is een wat skole jaar na jaar graag wil bywoon,” het hy gesê.
Laerskole Protearif, Randfontein, Fontainebleau en Horison het aan die dag deelgeneem.

“Dit was ’n heerlike dag, en die beste kolwer en bouler is ook tydens die krieket aangewys. Dit was ons eerste wedstryde vir die seisoen, en ons sien uit na die res van die seisoen tot einde Augustus,” het Quintin afgesluit.
