Schools

Drie Monnas-rugbyspanne storm die Noordvaalbeker-semi’s

Hoërskool Monument se o.14A-, o.15A- en o.16A-spanne is gereed om hul horings te wys en die Noordvaalbeker-semi’s te storm.

Drie spanne is gereed om die Monument-wapen met trots te dra tydens die semifinaal van vanjaar se SDC Noordvaalbeker (A-afdeling), wat die naweek plaasvind.

Monnas se o.14A-, o.15A- en o.16A-spanne het ná ’n sterk seisoen almal vir die uitkloprondte gekwalifiseer.

Volgens Wynand Moolman, verantwoordelik vir rugbybemarking en -werwing by Monnas, het die o.14A’s tweede, die o.15A’s vierde en die o.16A’s derde uit tien skole op die ligatabel geëindig.

Oor hul kans op ’n plek in die finaal het hy gesê: “’n Semifinaal is enigiets moontlik en ons glo al drie spanne het die wil en die potensiaal om te wen.”

Groot verwagtinge rus op die o.16-span, wat reeds in 2023 en 2024 die beker gewen het in die o.14- en o.15-ouderdomsgroepe.

Bepalings vir Saterdag, 23 Augustus:

• o.16A teen Noordheuwel om 11:00 by Helpmekaar
• o.15A teen Garsfontein om 09:55 by Garsfontein
• o.14A teen Noordheuwel om 08:45 by Helpmekaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button