Van jong kuikens na arende – 13 Noordskool rugbysterre gekies
Laerskool Krugersdorp-Noord is trots op 13 sterspelers wat vir Wes Rugby se o.11- en o.12-spanne gekies is.
Die jong rugby-arende van Laerskool Krugersdorp-Noord het hul vlerke verder gesprei nadat 13 van hul sterspelers vir Wes Rugby se o.11- en o.12-spanne gekies is.
Volgens Noordskool-woordvoerder Quintin Botha is sewe spelers in die o.11-span en ses in die o.12-span opgeneem.
Dié jong uitblinkers is:
• o.11
Dimitri du Toit
Lee-Roy Hoffman
Kaylem Seabi
Josua Haarhof
Keagan Momberg
Jayden Magaoge
Oratile Setungwane

• o.12
Durandt Jooste
Marku Joubert
Keandre Holland
Dean Jordaan
Zanru Beyneveldt
Janco Bothma
Hulle het op 16 en 23 Augustus aan die Wes-rugbyklinieke deelgeneem en die volgende kliniek vind op 30 Augustus plaas, waarna die Rooi groep, ook bekend as die Red Squad, vir volgende jaar gekies word.
“Daar is ook vier van ons skool se manspersoneel betrokke by die afrigting en spanbestuur. Baie geluk aan die seuns wat ingesluit is – Noordskool is ongelooflik trots op julle en wens elkeen baie sterkte toe waar julle die skool verteenwoordig,” het Quintin afgesluit.
* Die artikel is aangepas nadat dit gepubliseer is. Die artikel het voorheen genoem dat 13 leerders gekies is om die Goue Leeus se o.11- en o12-spanne onderskeidelik verteenwoordig. Die skool het egter later verduidelik dat dit die Wes Rugby se o.11- en o.12-spanne is. Die Krugersdorp News vra omverskoning vir enige verwarring wat veroorsaak is — Red.