Schools

Monnas se o.16’s hou die Noordvaalbeker tuis!

Monnas se o.16A-span bewys hul rugby-mag met ’n opwindende 46–42-sege teen Menlopark in die Noordvaalbeker-eindstryd.

Hoërskool Monument se o.16A-span is vanjaar se Noordvaalbeker-kampioene in die A-afdeling ná ’n sege van 46–42 teen Hoërskool Menlopark van Pretoria.

Daar was reeds groot verwagtinge vir dié span, aangesien hulle in 2023 en 2024 ook die beker gewen het in die o.14- en o.15-groepe. In die halfeindstryd het hulle Hoërskool Noordheuwel geklop met 39–33 om hul plek in die eindstryd te verseker.

Monnas se Dwaylon Swanepoel duik vir ‘n drie. Foto: Hennie Swanepoel.

Monnas se o.16-hoofafrigter, Willie Britz, het aan die Krugersdorp News gesê hy is ongelooflik trots op die jong toekomstige Wit Bulle – nie net oor die rugby wat hulle gespeel het nie, maar ook oor die manier waarop hulle alles gegee het, op en van die veld af.

“Hoe nederig hulle gebly het heel seisoen en hard gewerk het tot op die einde toe. Ek is baie dankbaar om met so ’n spesiale groep seuns te kon werk vir my eerste span wat ek afrig, en om te sien hoe hulle groei, nie net as rugbyspelers nie, maar as jong mans met integriteit, respek en ’n harde werksetiek,” het hy gesê.

Wat die ander Monnas-spanne betref wat die uitkloprondtes gehaal het: die o.14A’s het teen Noordheuwel vasgeval met 22–10 in die halfeindstryd, terwyl die o.15A’s ook die knie moes buig teen Hoërskool Garsfontein met 38–26.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button