Schools

Gr 7 kuikens van Noordskool word entrepreneurs

Graad 7-leerders het hul kreatiwiteit en ondernemingsgees ten volle getoon tydens Noordskool se entrepreneursdag.

Die toekomstige besigheidsmanne en -vroue het onlangs hul eerste stap in die sakewêreld geneem by Laerskool Krugersdorp-Noord se jaarlikse entrepreneursdag.

Die geleentheid het op 5 September by die skool plaasgevind en hul EBW-onderwyser en koördineerder van die dag, Chanél van Dyk, het vertel dat die dag voorgeskryf word deur die Departement van Basiese Onderwys.

Gabby Nevil en Liney Els by die entrepreneursdag.

Daar was 130 graad 7-leerders wat hul entrepreneuriese vaardighede uitgestal het. Chanél het bygevoeg dat die kosstalletjies en verskillende speletjies altyd ‘n wenner is.

Die News het ‘n draai by die skool gemaak waar die leerders alles gegee het. Chanél het verder vertel dat hul graad 1 tot 6-leerders die entrepreneurs ondersteun het.

Rea Mosebi, Wikus Geldenhuys, Lucas Van der Merwe, Stian Muller en Heinrich Miller by die entrepreneursdag.

Talle leerders het selfs by die temas van hul stalletjies aangepas, soos die span wat as narre aangetrek het. Daar was ook verskillende speletjies wat leerders kon speel, insluitend visvang-speletjies en selfs een waar leerders groot, opblaasbare balle oor hul liggame kon aantrek en met mekaar bots.

Die skool sien beslis uit na volgende jaar se entrepreneursdag en voorspel dat hierdie jong leerders ‘n blink besigheidstoekoms het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button