Schools

Sterk leierskapspan neem oor by Monnas

Met goeie eenheid en visie vir sukses, is Monnas se nuwe hoofleiers en onderhoofleiers gereed om 2025/ 26 onvergeetlik te maak.

Dit is weer daardie opwindende tyd van die jaar wanneer Hoërskool Monument hul nuwe hoofleiers vir die 2025/ 26-termyn bekendmaak.

Volgens Monnas-bemarker, Belinda du Toit, is die nuwe groep leiers op 8 September amptelik en met trots aangekondig.

Jaydon Viljoen en Calah Campbell is onderskeidelik as hoofseun en hoofdogter aangewys.

Belinda het bygevoeg dat die verkiesingsproses deeglik en gestruktureer is.

“Die leerders moes eers aansoek doen, en omtrent ’n maand gelede het leerders en onderwysers gestem wie hulle as die ideale kandidate beskou. Daar is 36 leerders gekies vir die matriekraad [19 dogters en 17 seuns], wat van daar af ’n leierkamp bygewoon het. Die kamp het nie net gehelp dat die matriekraad mekaar leer ken nie, maar het ook interaktiewe aktiwiteite aangebied om leierskapvaardighede te ontwikkel,” het Belinda verduidelik.

Monnas se nuut aangekondigde hoof- en onderhoofleiers.

Uit die 36 leerders is vyf seuns en vyf dogters geïdentifiseer as moontlike hoofleiers. Hulle is genooi vir onderhoude met die matriekraadkomitee, die beheerliggaam, die adjunkhoof en die tussentydse hoof.

“Bo en behalwe hul leierskapsvermoë wat uitgestaan het by die kamp, het die bogenoemde ook vir hul gestem. Vanjaar se hoofleiers se doel is om ’n positiewe en suksesvolle jaar vir Monnas te verseker,” het Belinda gesê.

Die onderhoofseuns en -dogters is Ryno van der Westhuizen, Ewan Beukes, Imke Visser en Minette Lombaard.

Monnas se matriekraadvoog, Yolandi Herbst, het bygevoeg dat vanjaar ’n sterk span is, met goeie eenheid, wat die skool vorentoe sal neem saam met die nuwe hoof.

Hou dié spasie dop vir ’n indiepteberig oor Monnas se nuwe skoolhoof.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button