Kennies vier hul vriendelike ontvangsdames
Laerskool Kenmare bederf hul ontvangsdames met geskenke en 'n ete om hul harde werk te waardeer.
Laerskool Kenmare het onlangs hul waardering vir die vriendelike gesigte by hul ontvangs getoon deur Sekretaressedag te vier.
Die dag is op 3 September gevier, en volgens Kennies se bemarker, Mignon Bason, was dit ’n manier om dankie te sê en erkenning te gee aan die harde werk wat die sekretaresses vir die skool doen.
“Hulle is die eerste gesigte wat mens sien as jy die skool betree, en ons het hulle harde werk beloon met ’n geskenkmandjie en ete,” sê Mignon.
By Kennies is dit ’n jaarlikse tradisie om dié personeel te bederf.
Volgens haar sluit die span sekretaresses Leonie Beukes, Joey du Toit, Tanya Viljoen, Lize Gouws, Charmaine Schutte, Laniete Wessels, Tanya Fourie en Ada Etsebeth in.
