Schools

Noordskool idiomedag: Van katte en honde tot bokke in die klas

Laerskool Krugersdorp-Noord se idiomedag het kleur, humor en kreatiwiteit saamgebring toe leerders hul gunsteling idiome uitbeeld.

Of dit nou katte en honde reën of iemand ’n bok vir sport is, Laerskool Krugersdorp-Noord het hul taal met trots gevier tydens idiomedag.

Op 12 September het Noordskool-leerders nie in hul gewone skooldrag klas toe gegaan nie, maar eerder as hul gunsteling idiome opgedaag.

Volgens woordvoerder Quintin Botha is die dag aangebied vir die taalvakke om leerders bewus te maak van hoeveel pret tale kan wees.

Daniel Sfeir glo al dra ‘n aap ‘n goue ring, bly dit nogsteeds ‘n lelike ding.

Leerders moes inskryf en kon enige idioom in hul kleredrag uitbeeld. Hy het bygevoeg dat dit ’n jaarlikse geleentheid is, maar dat vanjaar se idiomedag by verre die grootste was omdat dit as ’n kompetisie onder die leerders aangebied is.

Keagan Croucamp onder ‘n sambreel, omdat dit katte en honde reën.

“Daar was sewe wenners – een vir elke graad – en die leerders het ook pryse gewen,” het hy gesê.

“Die hoogtepunt van die dag was die leerders se kreatiwiteit en dat hulle uit hul pad gegaan het. Daar was selfs ’n leerder wat ’n klein bokkie skool toe gebring het,” het hy afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button