Schools
D2-titelglorie vir Proties o.12-hokkiedogters
Proties se o.12A-hokkiedogters het die D2-liga gewen en hul afrigter is trots op hul prestasie.
Laerskool Protearif is in hul noppies nadat hul o.12A-hokkiedogters as die D2-ligawenners aangekondig is.
Proties-afrigter en hokkieorganiseerder, Tia Goosen, het vertel dat hulle die mylpaal op 18 September by Hoërskool Noordheuwel bereik het.
Sy het genoem dat hulle 1–0 gewen het teen Laerskool Krugersdorp-Noord.
“Die span het besonders goed presteer, en ons wens hulle baie geluk. Sorg dat niemand kwaad met kwaad vergeld nie, maar streef altyd na wat goed is vir mekaar en vir almal. Wees altyd bly,” het sy afgesluit.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
