Schools

Gly, speel, geniet: Kaskarpret by Laerskool Kenmare

Leerders van grade RR tot 7 het geglimlag, geskree en in die modder gegly tydens een van die skool se lekkerste fondsinsamelings van die jaar – hul kaskarwedren.

Die modder het gespat en die leerders het gegil en gelag tydens Laerskool Kenmare se opwindende kaskarwedren op 2 Oktober – een van die skool se jaarlikse fondsinsamelings in samewerking met Kennies Leef Liefde.

Volgens Kennies se sport-, kultuur- en bemarkingshoof, Peter du Toit, was die dag vol moddergate, pret en samehorigheid, met elke graad wat hul bes gedoen het om nie net te wen nie, maar ook om dit ten volle te geniet.

Leerders van graad RR tot 7 het deelgeneem.

“Dis ’n ongelooflike bederf vir die kinders en die personeel – ’n dag van genot,” het Peter gesê. “Die kinders is absoluut mal daaroor.”

Hy het bygevoeg dat die hoogtepunt van die dag was om te sien hoe elke klas saamwerk om as wenner uit die stryd te tree, en hoe kinders, ouers en onderwysers hulself geniet het.

Leerders het kontantpryse ontvang vir die meeste fondse wat ingesamel is, terwyl die klasse wat die meeste ingesamel het, op uitstappies beloon word.

“Daar is ’n wenner in elke graad, maar ek sou sê die ware wenner van die dag was die genot en die moddergate wat die leerders beleef het,” het hy afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button