Schools

Noordskool se Wiskundesterre presteer in Gauteng-finaal

Heinu van der Nest en Keagan Pienaar van Laerskool Krugersdorp-Noord het onderskeidelik die 15de en 4de plek in die Gauteng-finaal van die Wiskunde-olimpiade behaal.

Twee van Laerskool Krugersdorp-Noord se leerders het verlede kwartaal aan die Gauteng-finaal van die Wiskunde olimpiade deelgeneem en uitstekende prestasies behaal.

Noordskool se woordvoerder, Quintin Botha, het vertel dié leerders is:

• Heinu van der Nest (graad 4) – behaal ’n algehele 15de plek in Gauteng (Kategorie A)
• Keagan Pienaar (graad 5) – behaal ’n indrukwekkende vierde plek in Gauteng (Kategorie A)

“Die leerders het vanaf skoolvlak deelgeneem en van daar af deurgeding deur verskeie kompetisies, insluitend distrik, en dus het hulle finaal toe gegaan,” sê Quintin.

“Ons skool is werklik so trots op twee leerders in die groep te hê. Daar word hard gewerk aan ons kritisie denkvaardighede en ek oefen ook met die leerders gereeld sulke denkvrae. Ons skoolvlak olimpiade wat ons ook regdeur die jaar doen versterk ons leerders se vermoëns baie,” het Quintin afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button