Schools

Bastion Buffels blink uit by SA-boogskietkampioenskappe

Die Bastion Buffel-boogskietspan het Limpopo aangedurf en met hul top-10 posisie by die AGA SA-boogskietkampioenskappe gewys dat harde werk vrugte afwerp.

Hoërskool Bastion se boogskietspan het tydens die Oktober-skoolvakansie aan die Africa Genesis Archery (AGA) Interskole SA-boogskietkampioenskappe in Polokwane deelgeneem.

Volgens die Buffels se afrigter, Annie Nolan, het 1 467 skuts van regoor Suid-Afrika aan die kampioenskappe deelgeneem.

“Die beste skole van elke provinsie het aan die kompetisie deelgeneem. Die Bastion Buffel-boogskietspan het uit 20 skuts van graad 8 tot 10 bestaan. Die span het verbasend goed gevaar,” het sy vertel.

Vier van die Bastion-skuts – Christiaan Nolan, Riaan Cilliers, Theresia Cilliers en Casey-Lee Adam – is ook in die provinsiale spanne opgeneem en het tydens die AGA Interprovinsiale SA-boogskietkampioenskappe meegeding. Annie het gesien dat dit ’n geleentheid was om Hoërskool Bastion en Laerskool Randfontein se skuts as een groep op toer te neem.

Die boogskietspan was in Limpopo. Foto: ingestuur

Die span het algeheel 10de uit 25 spanne behaal.

“Ek het gesorg vir ’n verskeidenheid aktiwiteite waaraan die leerders deelgeneem het, van ’n vasvra-kompetisie en besoek aan ’n melkplaas tot die Magoebaskloof Canopy-toer. ’n Besoek aan die Pieter Mokaba Sokkerstadion was vir almal ’n reuse belewenis,” het sy gesê.

Die toer het vir die meeste van die skuts ook hul eerste geleentheid gebied om Gauteng te verlaat en die Limpopo-provinsie te sien, wat volgens Annie ’n absolute belewenis was.

“Die boogskietseisoen het nou amptelik tot ’n einde gekom en dit is behoorlik op ’n hoogtepunt afgesluit. Ons kan nie wag vir die 2026-seisoen en al die hoogtepunte wat dit gaan bring nie,” het sy afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button