Schools

Die rekords spat by 16de Barry Lok-atletiekbyeenkoms

Honderde atlete het deelgeneem aan die 16de Barry Lok-atletiekbyeenkoms, waar verskeie skoolrekords verpletter is en top-prestasies die dag oorheers het.

Honderde atlete het in Oktober by Hoërskool Noordheuwel saamgedrom vir die 16de Barry Lok-atletiekbyeenkoms.

Die byeenkoms, wat sedert 2008 aangebied word, is volgens organiseerder Neville Delport ’n gedenkgeleentheid om dankie te sê aan Barry Lok, die dryfkrag agter die skool se tartanbaan en hoofborg van die dag.

In totaal het 684 atlete van verskeie skole, insluitend Hoërskool Rustenburg, Midstream College en Hoërskool Kempton Park, aan die byeenkoms deelgeneem.

JP Visser (o15) hardloop.

Delport het bevestig dat talle rekords dié dag verbeter is, onder meer:

• Matimba Baloyi het die seuns o16 400m-hekkiesrekord van 55.55 sekondes na 54.28 sekondes verbeter
• Michael Bekker het die seuns o15 1 500m van 4:11.90 na 4:11.30 verbeter, én die 3 000 m van 9:19.09 na 8:53.79
• Luan Louw het die seuns o14 800m van 2:03.50 na 2:02.75 verbeter
• JP Blignaut het die seuns o16 400m van 48.90 na 48.47 verbeter
• Katli Mathuloe het die seuns o16 400m-hekkies van 55.55 na 54.20 verbeter
• Nathan van Staden het die seuns o15 diskusrekord van 65.39m na 68.50 m verbeter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button