Mullies graad 3-leerders skitter in sport en akademie
Laerskool Muldersdrif se leerders wys hul veelsydigheid met prestasies in taal, wiskunde, redenaars en sport.
Laerskool Muldersdrif het onlangs hul graad drie-prysuitdeling gehou, waar leerders se uitstaande prestasies in sport en akademie gevier is.
Volgens die skool se beeld- en bemarkinghoof, Lindy Phaal, het vyf leerders spesiale toekennings ontvang.
Elena Klopper, ’n toegewyde leerder, het tot op distriksvlak in die Departementele Spell-a-thon-kompetisie gevorder.

Hanro Wohlfahrt het met sy uitmuntende lees- en begripsvaardighede tot op distriksvlak gevorder in die Departementele Begripstoets-kompetisie.

Rudolph Gibbs het met uitstekende probleemoplossings- en wiskundige vaardighede tot op distriksvlak gevorder in die Departementele Wiskunde-uitdaging.

Khloë van Heerden is as Junior Swemmer van die Jaar bekroon vir haar uitstaande prestasie en toewyding in swem.

Marli Kruger is as Junior Redenaar van die Jaar bekroon vir haar uitstekende redenaarsvaardighede en selfvertroue.