Van skoolbesoek tot kultuur: Muldersdrif vier hul toppresteerders
Laerskool Muldersdrif eer graad sewe-leerders en kultuurhelde met spesiale toekennings en trofeë.
Laerskool Muldersdrif het onlangs hul graad sewe-leerders se spesiale toekennings en kultuurprestasies tydens ’n erkenningsfunksie gevier.
Volgens die skool se beeld- en bemarkinghoof, Lindy Phaal, is die volgende onder die spesiale toekennings uitgedeel:
Die toekenning vir 100% skoolbesoek oor sewe jaar is aan Chanri van As toegeken, wie se harde werk, deursettingsvermoë en lojaliteit haar van die res onderskei het.

Die trofee “Mullie van die Jaar”, toegeken aan Chaylen Springer, word aan die leerder geskenk wat uitblink op gebiede soos oorkomend, uitstygend, waardegedrewe, voorbeeldigheid of buitengewoonheid.
“Baie geluk aan Chaylen – jy maak ons elke dag trots!” het Lindy gesê.
Die toekenning vir Veelsydigheid, wat die leerder met die beste balans tussen akademie, sport, kultuur en leierskap eer, is aan Imke Nel oorhandig.
Die kultuursektor het ook hul spesiale trofeë toegeken:
• Redenaar van die Jaar (junior): Marli Kruger (Gr. 3)
• Redenaar van die Jaar (senior): Imke Nel (Gr. 7)
• Kultuurdogter: Mignon Olivier (Gr. 6)
• Kultuurseun: Edru Eksteen (Gr. 5)
“Die skool is trots op al die leerders se harde werk, toewyding en talente – van akademie en sport tot kultuur en leierskap!” het Lindy afgesluit.