Schools

Honderd jaar van onderwys: Noordskool se verhaal pronk in nuwe gedenkboek

Noordskool sluit met trots aan by 94 eeu-oue Afrikaanse skole wat in ’n besondere gedenkboek vereer word.

Laerskool Krugersdorp-Noord het op Woensdag, 19 November, ’n gedenkboek in ontvangs geneem wat deur die Skole Ondersteuningsentrum (SOS) bekendgestel is ter viering van ’n eeu van Afrikaanse onderwys in Suid-Afrika.

Verteenwoordigers van skole van regoor die land – elkeen ouer as 100 jaar – het hierdie spesiale geleentheid bygewoon om gesamentlik die mylpaal te vier. Die gedenkboek bevat verhale van 94 skole en word vergesel van pragtige foto’s wat hul ryk geskiedenis en nalatenskap dokumenteer.

Die hoof van Noordskool, Charles Miller, het die skool se eksemplaar van die gedenkboek in ontvangs geneem.

“Noordskool is met trots as een van die uitmuntende Afrikaanse skole in hierdie gedenkboek vereer,” het die skool se woordvoerder, Quinton Botha, gesê.

Hy het verder verduidelik dat die volkleur-gedenkboek ’n omvattende oorsig bied, volledig met talle foto’s, van Afrikaanse laer- en hoërskole regoor die land.

“Welgedaan aan die SOS met die bekendstelling van hierdie puik koffietafelboek. Noordskool is trots om een van die skole te wees wat in die boek vereer word. Ons hoof ontvang met dankbaarheid ’n kopie van die boek,” het Quinton afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button