Schools

Dubbel soveel liefde in Noordskool se Omgee-pakkies

Die gemeenskap het vanjaar saamgespan om minderbevoorregte gesinne met liefdevolle Omgee-pakkies te ondersteun tydens Noordskool se Omgee-week.

Laerskool Krugersdorp-Noord is trots om aan te kondig dat hulle vanjaar talle noodsaaklike items vir minderbevoorregte gesinne kon insamel. Die skool betuig dank aan elke leerder, ouer en lid van die gemeenskap wat vanjaar se Omgee-week tot ’n groot sukses gemaak het.

Volgens die skool se woordvoerder, Quintin Botha, was die gemeenskap se ruimhartigheid duidelik sigbaar.

“Elke graad het ’n spesifieke soort nie-bederfbare voedsel ingesamel, en hierdie bydraes het dit moontlik gemaak om vanjaar dubbeld soveel hulppakkies as in 2024 voor te berei. Die pakkies bevat noodsaaklike huishoudelike items, met ’n spesiale fokus op voldoende ontbytkos vir behoeftige gesinne,” het hy verduidelik.

Hy het bygevoeg dat die skool se dienste-afdeling, die Oppiestoep Koffiewinkel, vanjaar die pakkies persoonlik by elke Norie se huis afgelewer het – ’n gebaar wat volgens hom die ware gees van Omgee-week weerspieël.

“Noordskool spreek sy diepe dankbaarheid uit vir die ondersteuning en samewerking wat hierdie inisiatief moontlik gemaak het. Ons is bevoorreg en opreg dankbaar,” het Quintin afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button