Schools

Nuwe leierskap ingehuldig by Laerskool Krugersdorp-Noord

Die nuwe leiers word met groot vertroue en ondersteuning begroet, met die verwagting dat hulle ’n inspirerende nalatenskap vir toekomstige leerders sal bou.

Laerskool Krugersdorp-Noord het in Oktober tydens ’n seremonie hul leierskorps vir 2026 ingehuldig.

Volgens die skool se woordvoerder, Quintin Botha, weerspieël die aanvaarding van hierdie rolle die leerders se toewyding, leierskap en bereidheid om die skool met integriteit te dien.

Die skool het met trots die volgende hoof- en onderhoofleiers vir 2026 aangekondig:

• Hoofseun: Dean Jordaan
• Hoofdogter: Simoné Waldick

Onderhoofseuns:
• Marku Joubert
• Juvan Janse van Vuuren

Onderhoofdogters:
• Annatjie Kruger
• Emily Momberg

“Die skoolgemeenskap glo dat die nuwe leiers met ywer, spanwerk en vasberadenheid ’n betekenisvolle bydrae sal lewer. Hulle word aangemoedig om ’n nalatenskap te bou wat toekomstige leerders sal inspireer. Noordskool is uiters trots op elkeen van ons 2026-leiers,” het Quintin afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button