Schools
Kenmare se graad een-aalwyne neem hul eerste tree
Soos jong aalwyne wat begin groei, het Laerskool Kenmare se graad een-leerders van 2026 vandag hul skoolreis afgeskop.
Op 13 Januarie het mammas en pappas hul kinders met trots en ’n tikkie emosie gegroet toe die nuwe graad een-leerders hul eerste tree in die grootskool by Laerskool Kenmare geneem het.

Soos jong aalwyntjies wat wortel skiet, begin hierdie groep hul skoolloopbaan met moed, nuuskierigheid en groot potensiaal.

Die nuwe graad een-leerders verteenwoordig alles waarvoor die aalwyn staan – veerkragtigheid, deursettingsvermoë en groei, selfs wanneer nuwe uitdagings oor hul pad kom. Met geloof, sterkte en ’n honger na kennis is hulle gereed om hul plek in die Kenmare-gemeenskap vol vertroue in te neem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!