Elijah Garner en Jayden Nobrega op hul eerste dag van grootskool. Foto: Heinrich Greyling
Laerskool Krugersdorp-Noord se arendskuikens het hul eerste dag in die “grootskool” begin.
Op 13 Januarie het Noordskool sy graad een-leerders met ope arms verwelkom. Onderwysers het die jong leerders begroet, terwyl trotse ouers hul kinders aan die skool se sorg toevertrou het en hulle groet toe hulle die huis verlaat om hul skoolloopbaan te begin.
Francois, Franke en Anke de Bruyn voel geseënd op die eerste dag van laerskool. Foto: Heinrich Greyling
“Ons ervaar ’n mengsel van vreugde en ’n bietjie angstigheid oor ons dogter se eerste dag, maar die vreugde oortref enige onsekerheid,” vertel Sonika Kers. “Dit voel amper onwerklik dat sy reeds in graad een is.”
Yihon Pretorius, juffrou Louise Kruger en Leben Zastron. Foto: Heinrich Greyling
Francois de Bruyn het bygevoeg: “Ons voel geseënd dat ons dogter hierdie nuwe fase kan betree. Dit bied vir haar die geleentheid om te groei en te ontwikkel – ’n nuwe seisoen van haar lewe begin vandag.”
Henry, Karmi en Karla van der Nest op Karmi se eerste dag op laerskool. Foto: Heinrich Greyling
Sonika, Sheniké en Sasha Kers is opgewonde oor Sheniké se eerste dag. Foto: Heinrich Greyling
Vicki, Liané en Gerry van Wyk. Foto: Heinrich Greyling
Deluan de Beer op sy eerste dag in gr1. Foto: Heinrich Greyling
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.