Schools
Proties se graad een-leerders blom op hul eerste dag
Laerskool Protearif het vanjaar se graad een-leerders op hul eerste dag in laerskool hartlik verwelkom.
Die groot dag het uiteindelik aangebreek toe die nuwe jong “proteas” van Laerskool Protearif hul eerste tree in hul skoolloopbaan geneem het en met verwondering en glimlagte by die skool verwelkom is op 13 Januarie.

Met splinternuwe skooltasse, glansend gepoetsde skoene en groot opgewonde glimlagte het die graad een-leerders die oorgang na “grootskool” gemaak. Die dag is gekenmerk deur die ontdekking van nuwe maatjies, vriendelike juffrouens en die opwinding van ’n heel nuwe roetine.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
