Schools
Hier is die 6 Kennies wat die leierskapstoel inneem
Laerskool Kenmare het hul nuwe hoofleiers ná ’n kreatiewe leierskapsproses bekendgemaak.
Dit is weer daardie tyd van die jaar dat Laerskool Kenmare hul hoofleiers vir 2026 aangekondig het.
Volgens die skool se bemarker, Mignon Basson, is die ses hoofleiers onlangs tydens ’n byeenkoms met ouers, die skool se bestuur en leerlingraad bekendgemaak.
“Ons het die proses ’n bietjie anders aangepak. Die leerlingraad het eers op ’n kamp gegaan, waar hulle geleer het wat dit beteken om ’n leier te wees. Van daar af kon hulle stem oor watter tipe leier hulle wil hê,” het sy verduidelik.

Die hoofleiers van Laerskool Kenmare vir die jaar is:
• Hoofdogter: Jaime Kruger
• Hoofseun: Elmar Kramer
• Onderhoofdogters: Zariah Maritz en Riané Viviers
• Onderhoofseuns: Wian Smook en Peter Kruger
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
