Schools

Bankie met kinders op gee mee tydens groentjiekonsert

'n Bankie met kinders op het tydens Hoërskool Bastion se groentjiekonsert meegegee, maar die beheerliggaam bevestig geen ernstige beserings nie.

Ouers, personeel en leerders was geskok toe ’n bankie waarop kinders op die verhoog gestaan het, tydens Hoërskool Bastion se groentjiekonsert inmekaar gestort het

Bastion se beheerliggaamvoorsitter, Frik du Preez, het aan News gesê dat die insident op 28 Januarie plaasgevind het, toe ’n bankie meegegee het en van die leerders geval het.

“Die skoolbestuur en beheerliggaam is onmiddellik van die voorval bewus gemaak, waarna die toepaslike veiligheidsprosedures sonder verwyl in werking gestel is. Alle betrokke leerders is nagegaan en die nodige ondersteuning is verskaf. Geen ernstige beserings is aangemeld nie en hulpverlening word aan alle leerders gebied,” het hy gesê.

“Die veiligheid en welstand van ons leerders, personeel en besoekers bly ’n hoë prioriteit vir die skool. Relevante veiligheidsmaatreëls en aanpassings is reeds geïmplementeer om die veiligheid van alle betrokke partye te verseker,” het hy bygevoeg.

Aangaande die video wat op sosiale media versprei word, het du Preez gesê dat die skool hiervan bewus is.

“Die skoolbestuur en beheerliggaam is beskikbaar vir enige navrae en sal verdere gesprekke met alle betrokke partye op ’n verantwoordelike en professionele wyse hanteer. Hoërskool Bastion bedank die skoolgemeenskap en die publiek vir hul begrip en samewerking,” het hy afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button