100% sukses en ‘n groot dankie aan Norie-matriekonnies
Nories se matriekklas van 2025 het 'n slaagsyfer van 100% behaal en die skool het sy onderwysers bederf en vereer vir hul bydrae tot die sukses.
Hoërskool Noordheuwel se matriekpersoneel van die klas van 2025 is onlangs vereer en bederf ná die vrylating van die skool se uitslae.

Die News het op 13 Januarie berig dat Nories ‘n 100%-slaagsyfer behaal het, sowel as ‘n totaal van 524 onderskeidings. Die skool het hierdie prestasie op 29 Januarie gevier.
• Lees ook: 100% sukses vir Noordheuwel se klas van 2025
Volgens Nories se bemarker, Sonet Guy, het die skool vir die 43 onderwysers dankie gesê vir die goeie uitslae en hulle bederf met ontbyt en geskenke. Die skool doen hierdie gebaar reeds vir ongeveer vyf jaar.

“Die beste deel van die dag was dat die onderwysers dit nie verwag het nie en dat hulle dit waardeer om raakgesien te word,” het sy afgesluit.
