Jong leiers neem die voortou by Protearif
Laerskool Protearif het hul nuwe graad 7-leiers gekies, en hulle is reg om hul skool trots te maak.
Graad sewe-leerders van Laerskool Protearif het onlangs hul leierskapspotensiaal gewys met die aanwysing van die skool se hoofleiers vanjaar.
Volgens Proties se leiervoog en kultuurhoof, Ilse Breedt, is die hoofleiers reeds einde verlede jaar tydens die skool se Prestige-aand aangekondig.
“Leiers en hoofleiers word deur ’n streng, gestruktureerde leiersidentifiseringsprogram gekies. Ons maak gebruik van onafhanklike persone vir die identifisering, sowel as ’n stemproses,” het Breedt verduidelik.
Die nuwe hoofleiers van Laerskool Protearif vir 2026 is:
• Hoofdogter: Mikayla Visser
• Hoofseun: Malan van Zyl
Die onderhoofleiers is:
• Onderhoofdogters: Mikayla Montgomery, Ella Dempers en Chené van der Westhuizen
• Onderhoofseuns: Regardt Jacobs, Xavier Kok en Robert Shaw
