Van Cluster tot Krugersdorp Kampioenskappe: 84 Arende gekies
Vyf skole het aan die cluster-atletiekbyeenkoms deelgeneem, met Noordskool wat trots 84 gekwalifiseerde atlete kon aankondig.
Laerskool Krugersdorp-Noord se sportvelde het onlangs gepryk van energie, geesdrif en atletiektalent toe vyf skole op 6 Februarie aan ’n opwindende cluster-atletiekbyeenkoms deelgeneem het.
Volgens die woordvoerder van Noordskool, Quintin Botha, het John Martin School, Curro, Silverfields Primary, The King’s School, Muldersdrif en Alma Mater hul atlete na die byeenkoms gestuur om teen mekaar mee te ding. Noordskool het buitengewoon goed gevaar en spog nou met nie minder nie as 84 atlete wat gekwalifiseer het om aan die komende Krugersdorp Kampioenskappe deel te neem.
“Hierdie indrukwekkende aantal Noordies wat deurgedring het, is ’n bewys van die talent, toewyding en harde werk wat daagliks by Noordskool plaasvind,” het Botha gesê.
Hy het die atlete geloof vir hul sportmangees en deursettingsvermoë, en het afgesluit deur almal sterkte toe te wens vir die kampioenskappe wat volgende week plaasvind.
