Schools

Nooddienshelde maak groot indruk op klein leerders

Van verkeersligte tot perde voer – die kleuters het veiligheid op ’n prettige en praktiese manier beleef.

’n Plaaslike kleuterskool het op 18 September ’n spesiale besoek van verskeie nooddienste ontvang om leerders se kennis oor veiligheid uit te brei.

Volgens Protie Kleuter Akademie se skoolhoof, Helena Koekemoer, het die polisie se perde-eenheid, verkeersafdeling, plaaslike sekuriteitsdienste en paramedici die leerders besoek.

'n Seun voer 'n perd. Foto: Heinrich Greyling

Die doel van die besoek was om die kinders meer oor nooddienste en veiligheid te leer, met spesifieke aandag aan padveiligheid. Die perde-eenheid was volgens Helena ’n besondere hoogtepunt, aangesien sommige van die kinders nog nooit ’n perd gesien of daarop gesit het nie.

Luane Havenga geniet elke oomblik. Heinrich Greyling

Die leerders het aan speletjies deelgeneem en vrae oor onder meer verkeersligte en padveiligheid beantwoord. Dié wat reg geantwoord het, is beloon met die geleentheid om die perde te voer.

Helena sê die kinders was baie opgewonde en het die geleentheid geniet om op ’n prettige manier meer oor veiligheid te leer. Volgens haar was dit ook waardevol dat die boodskappe van ander volwassenes as hul ouers gekom het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Check Also
Close
Back to top button