VP044478
VAKATURE: HUISMOEDER Herberge
•Panorama Landgoed Aftree-oord, Krugersdorp
(Herberge is `n afsonderlike entiteit.)
Herberge is op soek na `n toegewyde, verantwoordelike en omgee Huismoeder om by ons span aan te sluit. Indien u `n passie het vir die versorging van bejaardes en daarna streef om `n warm, huislike omgewing te skep, nooi ons u uit om aansoek te doen.
Posvereistes
•Ondervinding in die versorging van bejaardes.
•Afrikaans en Engels goed magtig.
*Uitstekende menseverhoudinge en kommunikasievaardighede.
•Vermo om onafhanklik sowel as in `n span te werk.
*Goeie organisatoriese en administratiewe vaardighede.
•Basiese rekenaarvaardighede.
*`n Geldige Noodhulpsertifikaat (op datum) is verpligtend.
•`n Geldige bestuurslisensie sal tot u voordeel strek.
Diensvoorwaardes
•Inwoning is verpligtend.
Verblyf, maaltye en wasgoeddiens word voorsien.
*Na-ure diens sal van tyd tot tyd vereis word en word afsonderlik vergoed.
*Aanvangsalaris: R7 000 per maand.
•Slegs WVF- bydraes word afgetrek.
•Voorkeur sal gegee word aan kandidate tussen 45 en 55 jaar. Aansoeke
Stuur u volledige CV per e-pos na
pieterrkruger@telkomsa.net
Sluitingsdatum vir aansoeke: 14 Augustus 2026
Reference Number: VP044478