LettersOpinion

Gee terug ons eiendom!

Helen Els van Witpoortjie skryf:

Ons is so ongelukkig en verstom. My man het 15 sleepers op ons sypaadjie afgelaai wat hy gekoop het. Hy het my gebel en gevra dat ek net ogie moet hou, hy sal dit indra as hy by huis kom.

Ja dit was nou wel nie in die erf nie, maar mense moet mos weet dis nie vir weggooi nie. Iemand af in straat het staan en kyk toe hy dit aflaai. Ons bly in Witpoortjie, op die hoek van Lodewikus en Strydomstraat. Toe ek buite kom is dit weg!

Ek is na al die bure toe wat by die huis was, en iemand het gesien hoe ‘n wit man met grys hare en ‘n baard en paar seuns met ‘n wit bakkie stop in die mense langs ons se driveway en gooi toe vinnig al die sleepers op sy bakkie en ry weg.

Ag nee, mens doen dit mos nie. My man doen houtwerk as stokperdjie en het hard gesoek en opgelaai en afgelaai aan daardie sleepers. Ons maak ook ekstra geld uit wat hy maak en dan kom mense en vat dit net. Ek het kanker, so ek werk nie en hy doen al die ekstra houtwerk vir ons as ekstra inkomste. So ek wil dit in die koerant laat plaas sodat hulle wat die sleepers gevat het, dit kan lees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button