LettersOpinion

Kan iemand lig werp?

Anoniem van Krugersdorp skryf:

Wat gaan aan by Binnelandse Sake?

Jy weet nie of jy oorlede, getroud, weduwee of geskei is nie.

Ek is al vir ses jaar ‘n weduwee. Volgens Binnelandse Sake is ek nog getroud, en my man lewe nog.

My moeder is onlangs oorlede; met ‘n skok gee Binnelandse Sake vir ons die volgende inligting: my pa wat al 32 jaar gelede oorlede is lewe nog en my ma was nog getroud. Daar is mense wat al 13 jaar getroud is, maar op hul rekords wys dit “enkel”.

Hoe word dit verklaar? Binnelandse Sake reik dan die doodsertifikaat uit? ‘n Sekere doodgenootskap in ‘n ander provinsie het ons meegedeel, “in Junie het hul 94 sterfgevalle gehad, waarvan 45 foutief was”.

Om navraag by Binnelandse Sake te doen is ‘n nagmerrie. Die personeel is baie arrogant en onvriendelik, want dit is jou fout.

Kan iemand dit verduidelik?

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button