LettersOpinion

Baie dankie vir bystand en ondersteuning

Mariaan Muller van Krugersdorp skryf:

Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om dankie te sê aan die bestuur en personeel van President Hyper wat op 23 Julie hul bystand en ondersteuning gelewer het met die afsterwe van my eggenoot, Neil Muller.

Ook aan elkeen wat by die huis was, die oproepe, drukkies, bemoedigende woorde, al die BBM’s en die skietgebedtjies. Wees verseker dat ek dit uit die diepte van my hart waardeer.

Tog het mens nie altyd die woorde om te beskryf presies hoe dankbaar ‘n mens is nie. Julle is mense met goeie harte, en dit wys ons net daar is nog mense wat omgee vir ander.

Laastens wil ek ook vir julle vertel, die Here leef, Hy is goed en getrou en Hy hou ons in Sy hand. As jy onseker is, steek net jou hand uit, en Hy sal dit vat.

Back to top button