LettersOpinion

Water is ‘n luuksheid wat ons mors

Meritta Vosloo van Krugersdorp-Noord skryf:

Dit gaan my verstand te bowe as ek die kraan oopdraai en net ‘n ou pieperige straaltjie water kom uit.

Maar gelukkig hét ons ‘n bietjie water. Ek weet daar is mense in Noordheuwel wat al vir langer as ‘n week sonder water sit.

Wat my die meeste verbaas is dit elke twee of drie maande gebeur.

Ek kan seker soos talle ander inwoners die groot vraag vra, hoekom? Maar ek gaan nie, want in ‘n mate weet ek hoekom.

Daar gaan ‘n tyd kom wanneer ons glad nie meer water gaan hê nie. En hierdie is God se manier om vir ons te vertel dat ons moet wakker word.

Ek praat nie van ons watersisteem wat heeltemal in duie stort nie, nee ek praat van dat ons water gaan opdroog omdat ons as verbruikers dit nie respekteer nie. Ons mors dit. Ja, ek is ingesluit by daai ‘ons’.

Hoeveel keer het ek nie myself al gekry waar ek per ongeluk die kraan ooplos terwyl ek tande borsel nie? Hoeveel keer los ek nie die kraan heeltemal oop totdat die water warm word nie. Is dit regtig nodig? Moet ek dan so sleg voel as ek nie dadelik al my wasgoed kan klaar was nie? Nee, want ek mors water.

Ek lees op die news se webtuiste van al die kommentaar wat almal oor die situasie lewer. Almal kla oor dat water ‘n noodsaaklikheid is en nie ‘n luuksheid nie. Dis bog, natuurlik is water ‘n luuksheid.

Julle is almal onnosel om te dink dat daar vir ewig water uit ons krane gaan kom. Word wakker en wees ‘n slag ‘n bietjie dankbaar.

Ons gaan dit dalk nie in ons leeftyd ervaar nie, maar ons kinders en hulle kinders gaan ons foute op hulle skouers dra.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button