LettersOpinion

Bonusaanbod vir verkeersdepartement

Rafiki van Krugersdorp skryf:

Ek het ‘n ruk gelede op die hoek van Edward- en Cliffordstraat gestaan en kyk hoe bestuurders doodeenvoudig deur die kruising ry asof die stoptekens daar bloot tuinornamente is.

Ek het my selfoon opgelig en gemaak asof ek die motors afneem … dit was kostelik om te sien hoe sommige mense ewe skielik op hulle karre se rempedale staan in ‘n poging om te stop. Ander het verward na my gekyk en woes beduie, ander het my (nes die stoptekens) nie eers gesien nie.

‘n Jong polisieman het gestop, uit sy motor geklim en my gekonfronteer, “Hoe durf jy my afneem waar ek oor die stop ry?” Hoe weet ek hy is ‘n geregsdienaar? Hy het my sy identifikasiekaart gewys.

Alhoewel hy nie ‘n lasbrief (soos deur ons land se Grondwet bepaal word) gehad het nie, moes ek hom op my sel wys dat ek nie foto’s of ‘n video geneem het nie. Hy het my gedreig en gevra of ek dink dat ek snaaks is en toe in sy kar geklim en gery.

Liewe verkeersdepartement, julle kan julle maandelikse kwota boetes in ‘n week by daardie kruising skryf. Julle kan nog meer oortreders vastrek by die nuwe stel stoptekens wat in Robert Broomrylaan aangebring is, want daar is die stoptekens ook maar net ‘n skimp.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button