
Krugersdorp Verkeersafdeling, ons sê baie dankie vir julle bereidwilligheid om ons op 2 Oktober tussen 10vm en 11vm met my ouma se begrafnis te help deur die stoet na die begraafplaas te begelei waar die teraardebestelling plaasgevind het.
Ons is vreeslik dankbaar dat die verkeersafdeling ons gehelp het en dat die stoet die nodige respek en veiligheid gehad het. Baie dankie, julle is amazing en ‘n wonderlike voorbeeld vir ander verkeersafdelings.
Moria Ouetehuis, waar my ouma Maria Elizabeth (Raaitjie) Kotze gewoon het, baie dankie dat julle haar met soveel liefde en respek versorg het. Danksy Moria Ouetehuis het ouma haar laaste tydjie op aarde gemaklik en vreedsaam beleef en deur julle wonderlike werk en goedhartigheid was ouma oorval met liefde en omgee elke dag.
Ons as familie is julle ewig dankbaar vir die liefde en spesiale sorg wat ouma elke dag by julle gekry het.
Baie dankie Moria Ouetehuis, mag God julle seën in julle werk.
